
Veertig uraan-eksplorasielisensies in die Stampriet artesiese kom (SAK) beslaan altesame 2,66 miljoen hektaar. Dit is 40% van die oppervlakte van die kom. Die watertafel is so hoog dat konvensionele oopgroef- en ondergrondse myne onmiddellik oorstroom sou word.
Nie een van die twee is haalbaar nie.
Die enigste manier om die uraan te ontgin is deur die metode wat bekend staan as ondergrondse in situ logings-mynbou (ISL). Die metode behels die inspuiting van logende chemikalieë in die ertsliggame om die uraan op te los. Hierdie uraan-ertsliggame is ondergronds in die hoofdrinkwaterakwifeer geleë.
Rooi kruise op die kaart dui die ligging van die ondergrondse uraan-ertsliggame aan. ISL is propvol probleme, beide op die oppervlak en ondergronds. Oppervlakprobleme is maklik om op te sien, maar die herhalende ondergrondse probleme kan nie gesien word nie.
Lekasies ondergronds sal ondergrondse waterbronne besoedel. ISL hou 'n verskriklike risiko in vir die gehalte van die drinkwater wat alle lewe in die SAK in.
Om hierdie artikel in Engels te lees, klik hier
Om hierdie artikel in Duits te lees, klik hier
Comentários